Hier is 'n lys van die byeenkomste wat ons georganiseer het met die spesifieke doel om geleenthede te skep vir die kinders van Melkhoutfontein.
andrew.kotze@mweb.co.za
083 326 6519

Ouma Lena se Afsluiting 2021
Springkasteel, Worsbroodjies, Roomys en Geskenke.
Ons wil ook baie dankie sê vir PEP Stores en die Gemeenskap wat al die Geskenk Pakkies vir die kinders opgemaak en voorsien het.
Die kinders het die dag baie geniet.




Elke mens is 'n skepping van God en Hy plant 'n droom in elke mens se hart.
As 'n mens hierdie droom vierkantig in die oë kyk en bietjie hulp en aanmoediging kry, kan hierdie droom dalk waar word.
Ons 2 sprekers het elk getuig hoe hulle kinderdrome waar geword het.
Hy vertel hoe 'n gebed wat hy in Gr7 gebid het toe nie beantwoord was nie maar nou, 40 jaar later, maak hy rolprente en lei ander akteurs op.
Jy mag nooit 'n 'Whatever Houding hê nie'!
Hier word vandag vir jou 'n platvorm geskep wat jou kan help om jou omstandighede te verander.
Hy vertel hoe sy slegte begin hom as 18 jarige in die tronk laat beland het, en hy gedog het sy droom om 'n Argitek te wees was vir altyd verby, maar hy wil vandag vir ons sê dit maak nie saak waarvandaan jy kom of wat jou omstandighede is nie, want die Here is lief vir ons almal, ons is spesiaal en Hy het 'n plan vir almal.
'n 'Whatever Houding' kan veroorsaak dat jy die hele plan mis!
Jou verlede maak nie saak nie. Moenie God se droom vir jou mis nie!
Hierdie dag het gegaan oor die 'Vaslegging van ons Drome'. As ons genoeg geleenthede benut en genoeg deur ander aangemoedig word, het ons 'n uitstekende kans om suksesvol vir Jesus te word.
Daar word gereken dat 'n swerm ganse in vlug, 70% verder kom as wat 'n gans op sy eie kan vlieg. Dis hoofsaaklik omdat hulle beurte maak om die leiding te neem en mekaar aanmoedig deur te 'honk' van agter af. Sou ons kinders hul maksimum potensiaal kan bereik as hulle alle geleenthede aangryp terwyl hul gemeenskap hulle aanmoedig?

Kyk na die resultate van die papiertjies wat opgeneem was:
Kan ons saamwerk om hierdie kinders se DROME WAAR te MAAK?